search

Find Professionals

Select one or more of the following
Search for:

Specific focus
Region
Type of organisation

Wat ‘n wonderlike pad om te stap. Daardie oproep dat jul dogtertjie binne paar uur in die lewe gebring gaan word. Oppad Tzaneen toe kon ek nie my oë glo nie, ons gaan uiteindelik ouers word. Ek onthou dit nog soos gister toe ek daardie lang hospitaal gang afstap en ons dogtertjie gewaar wat rustig vir ons wag. Sy was so mooi - die pragtigste engeltjie. Ek het haar dadelik vasgehou en kamer toe gevat. Ons kon nie ons oë van haar af hou nie.

Ons het dadelik “gebond”. Ons is so dankbaar vir ons biologiese mamma, die pad wat ons saam met haar gestap het was fantasties. Ons is so lief vir haar, sy het ons die mooiste geskenk gegee en ons pas haar mooi op. Ons bid nog altyd vir haar en sal altyd aanhou bid.

Ons ervaring met Dr. Kruger en Adoption4ever, veral Beatrice, was wonderlik. Hulle het ons en die biologiese mammaso so mooi bygestaan. Hulle het als goed hanteer en dit was 'n positiewe belewenis. Ons sal hulle almal ewig dankbaar wees.

- Anonymous